Curriebeker Rugby
Oor die wedstryd tussen die Pumas en die Haaie wil die Haaie seker nie baie van hoor nie. Die Pumas het het veel geroemde teenstanders opgevreet en net die bene uitgespoeg! Om met 13-30 te verloor is nie goed nie, maar om dit teen 'n span wat baie laer as jy beskou word te doen, is nog slegter. Onthou net dat indien die Haaie hulle sin kry sou iemand soos die Pumas nie eers in die Curriebeker speel nie omdat die Haaie net "krag teen krag" wil speel. Miskien is die Haaie reg dat daar na die krag teen krag beginsel gekyk moet word, want hulle het nie Saterdag op dieselfde veld as die Pumas 'n plek verdien nie. Jacques Botes en die jong Wannenburg, Callie, het die los oorheers en Marius Goosen het gesorg dat die Haaie in die lug bly hap. Henno Mentz het swaar geleef onder die hoe balle en hy het daardeur twee driee vir die Pumas ingelaat.

Die Arende het sommer vir die tweede verassing gesorg en die Cheetahs op George gewys dat jy nie na die Suid-Kaap toe gaan net om punte te gaan haal nie. Jaco Gouws het op agsteman geskitter en die ou WP man, Martin van Schalkwyk het op haker ook uitgeblink vir die Arende. Die Arende het hulle 32-31 oorwinning terdee verdien.

Die Bulle het in Kimberley hulle onoorwonne rekord in die Curriebeker behou deur daarin te slaag om om die Griekwas maklik kaf te draf. Alhoewel Derick Hougaard nog nie op al sy silinders vuur nie, was dit tog goed om te sien dat hy terug boontoe is. Hy het 'n heel skaflike vertoning teen die Griekwas gelewer - ek moet egter byvoeg dat hy nie onder groot druk was nie - maar ten minste begin hy weer na iemand lyk wat vorentoe weer aan die Bok-deur kan klop. Ettienne Botha was weer baie goed op binnesenter en Johan Roets het ook goed op heelagter vertoon. In die Bulle se pak was ek die meeste met Danie Rossouw beindruk. Vir Griekwas was Nicky vd Walt soos in die meeste wedstryde wat hy speel, 'n handvol vir die Bulle en agterlangs het Chumani Booi op vleuel goed vertoon.

Op Ellispark het die manne van die WP ook teen die verwagting vasgeval toe hulle met 32-28 teen die Leeus verloor het.Na die vorige week se vertonings het die WP seker ook gedink dat hulle hier gaan omdraf om te wen. Alhoewel die WP die driee stryd met vier teen twee gewen het, was die skoen van Nel Fourie vierkantig in die pad. Doppie le Grange het in die middelveld vir die Leeus geskitter en Jorrie Muller het ook gewys dat hy nie vergeet moet word nie. In die pak het Wikus van Heerden, Schalk vd Merwe en die bossiekop Grobbelaar wat hulle amper-bok-lostrio van die WP laat les opse.

Naweek se uitslae:-
Pumas????..30-13???Haaie
Arende?????32-31..??Cheetahs
Griekwas???..17-30??..Blou Bulle
Leeus??????32-28??..WP

Puntestand:-
Span??????Speel?..Wen?..Gelyk?..Verloor?.Bonus?..Punte
Blou Bulle???..2????.2????0?????.0????..1????..9
WP????????2????..1???.0?????..1????.3?????7
Cheetahs????2????..1???..0?????..1????.2????..6
Haaie??????.2????..1???..0?????..1????.1????.5
Arende?????.2?????1???..0?????..1????.1????.5
Pumas?????..2????..1???..0??????1????0????.4
Leeus??????.2????..1???..0??????1????0????.4
Griekwas????.2????..0???..0??????2????0????.1

Springbok rugby
Die komende naweek pak ons die wilde manne van die Suidsee. Die meeste spelers is natuurlik nie vir ons onbekend nie aangesien ons hulle omtrent almal in die Super 12 gesien het. Ander, soos die gesoute Brian Lima, is ook wel bekend. Veral vir sy vreesaanjaende verdediging. Ek het die week gelag toe iemand aan my vertel dat ons agterlyn seker baie bang vir die man is. Ek kan my voorstel dat die Suidsee manne ook sit en bewe vir die verskriklike De Wet Barry wat in die Bokke se agterlyn is. Hy loop jou wettiglik dat jy nie lus kry om op te staan nie.

Ek het nog nie heeltemal aan die konsep van die Suidsee manne gebyt nie en alhoewel dit 'n toets is, dink ek nie dat dit so belangrike wedstryd is nie. Ek wil daarmee nie se dat ons nie moet wen nie, maar ek dink dat ons nie enige iemand wat lyk asof hy beseer is gaan waag nie.

Jake het sy span bekend gemaak wat Saterdag gaan opdraf en dit het 'n paar interessante skuiwe opgelewer. Die span is:

Percy Montgomerie, Breyton Paulse, Marius Joubert, De Wet Barry, Jean de Villiers, Jaco vd Westhuyzen, Bolla Conradie, Pedrie Wannenburg, Schalk Burger, Bakkies Botha, Gerrie Britz, AJ Venter, Eddie Andrews, John Smit en Os du Randt.

Dit is veral die insluiting van Gerrie Britz op slot en AJ Venter op flank wat my oe bietjie laat rek. Ek sou gedink het dat die twee anders om moet speel. Jean de Villiers gaan ook met valkoe op vleuel dopgehou word. Hy is 'n slim senter en die insluiting op vleuel is eintlik 'n vermorsing van sy talent, maar die Barry/Joubert kombinasie is baie goed.

Intussen is daar ook verneem dat Victor Matfield nie verder aan die Drienasies gaan deelneem nie weens 'n kniebesering. Albert vd Berg is opgeroep om hom te vervang. Jy kon my met 'n veer doodslaan. Ek het baie mense verwag, maar ek belowe jou Albert was nie in my top tien nie!

Ander Rugby
Verlede naweek was dit die All Blacks wat aan die beurt ghekom het teen die Suidsee eilande se manne. Die All Blacks het die wedstryd 41-26 gewen, maar dit was nie altyd maklik nie.

Ek is nou nie soos baie van die kenners wat beweer dat die All Blacks gesukkel het nie. Dit was nou wel 'n baie harde wedstryd, maar die All Blacks het nooit gelyk asof hulle die wedstryd kan verloor nie. Hulle het die vaste fasette oorheers en dit is juis hierin dat hulle wys dat hulle moeilik voor geklop gaan word. Die Suidsee eilande het egter gewys dat die All Balcks se agterlyn nie altyd op al sy silinders vuur nie. Dit was juis die aspek wat ek al teen die Engelse uitgewys het. Carlos Spencer het baie talente, maar hy sukkel om sy agterlyn weg te kry as die span onder druk is.

Die komende naweek is dit die Bokke teen die manne van die Suidsee.

Sportliks
Die vroue-varswater-hengelspan is aangewys wat Suid Afrika volgende maand in Portugal by die wereldspele gaan verteenwoordig. Die span is: E Lubbe, M Purchase, L Dalton, A Downey, B Landman en P Steyn. Ons wens hulle roekelose sukses toe. Is daar iemand wat ons volgend maand kan vertel wat met hulle gebeur het? Julle weet die pers is nie so sterk met hengel nie.

Corrie Sanders en sy afrigter, Harold Volbrecht, is blykbaar besig om mekaar die stryd aan te se. Dit gaan glo oor 'n miljoen of wat wat Harold beweer Corrie hom skuld. Corrie het na sy nederlaag teen Vitali Klitchko besluit dat sy pad met die van Harold moet skei. In bokskringe was dit verwag, want daar word in die gange baie gemompel oor die wyse waarop Harold Corrie laat voorberei het.

Die Britse Grand Prix is gewen deur?????..Michael Schumacher!

Phillip Rabinowitz het met 'n tyd van 30.86s die vinningste man in die wereld oor 100m geword. Dit is natuurlik vir mans oor 100 jaar oud! Die Kapenaar het Saterdag in die Groenpunt stadium die ou rekord met sowat ses sekondes verbeter. Wel gedaan Phillip!

Die Goue Beer, Jack Nicklaus, is bekend vir sy goeie sin vir humor. 'n Verslaggewer van die LA Times het eendag aan hom genoem dat sy (Nicklaus) se naam sinoniem met golf is en "that you really know your way around the course". Hy het toe aan Nickaus gevra wat sy groot geheim is. Nicklaus het hom nader gewink en in 'n sagte stem die geheim vertel "The holes are numbered".

Dit is my mening!


Het jy ´n mening oor hierdie artikel. Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, skryf jou artikel en stuur dit vir ons hier of faks jou bydrae na 0866727537.

Indien jy kommentaar het op Hansie se mening moet jy asseblief vir hom laat weet by