Volgens Anneri van der Merwe (voorheen van Kwela Uitgewers) was Duiker uiters talentvol en was hy geseen met 'n goeie hart en ongelooflike eerlikheid. Duiker was die oudste van drie broers en is op 13 April 1974 in Soweto gebore. Naas Soweto het hy ook 'n groot deel van sy lewe in Engeland deurgebring waar sy pa gewerk het. Hy behaal 'n B.A.-graad in joernalistiek aan die Universiteit van Rhodes en werk onder meer as kopieskrywer vir 'n advertensiemaatskappy en SABC1.
Sello se tweede boek, The Quiet Violence of Dreams (Kwela 2001) is in dieselfde jaar met die Herman Charles Bosman prys vir Engelse Letterkunde bekroon.
Koop/Buy Thirteen Cents...




